Sjinese kapers sit agter alles

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Sjina is “die hoof verdagte om ons land se ekonomie en die nasie se veiligheid te bedreig”.

Die minister het die opmerking gemaak kort nadat dit bekend geword het dat vier Sjinese deur die veiligheidsmagte vasgetrek is wat betrokke was by die kaping van Microsoft se sagteware vroeer vanjaar.

Die kapers het daarin geslaag om Microsoft Outlook binne te dring, en het die stelsel ontwrig, maar die deskundiges van Microsoft kon daarin slaag om die sagteware te red en te herstel.

Die VSA president, Joe Biden, het Sjina daarvan beskuldig dat hulle aanval op Microsoft gedoen het vir hulle eie redes.

In reaksie op Biden se opmerking het die EU, Navo, die Verenigde Koninkryk, Australië, Japan, Nieu Seeland, en Kanada elk in afsonderlike verklarings die Sjinese optrede veroordeel en die arrestasie van die Sjinese verwelkom.

Die drie Sjinese, sogenaamde sekuriteit beamptes, en ʼn kaper is in aanhouding aangesien hulle ook betrokke was by ander maatskappye wat gekaap is.

Biden en Blinken het gesê die optrede van die Sjinese is ʼn klaarblyklik nie die regering self nie, maar agente wat toegelaat word om die misdaad te pleeg.