Sjina se militêre mag wek kommer

Die regering in Japan het gewaarsku dat die militere balans tussen Sjina en Taiwan besig is om ten gunste van Sjina te beweeg, en Tokyo sê die situasie is krities om nasionale veiligheid te verseker.

In die jaarverslag van die Japanese Minister van Verdediging word die regering en militêre balans tussen Sjina en Taiwan uitgelig en word alarm gemaak oor Sjina se groeiende militêre mag wat die balans in die streek versteur.

Die Japanese waarskuwing is kort daarna deur die Eerste Minister, Yoshihide Suga se kabinet bespreek en later bevestig dat kommer oor die wending wat ingeslaan word.

Japan reken die mees kommerwekkende is dat die militere bedreiging tot Taiwan is meer direk as wat dit ooit tevore was, en militêre ontleders wys daarop dat die Sjinese bedreiging ook ander omliggende lande raak soos Japan, Filippyne, Suid-Korea en Vietnam.

Japan sê die stabilisering van Taiwan is belangrik vir sy land se nasionale veiligheid, asook vir die hele internasionale gemeenskap, en met Sjina wat Taiwan beskou as deel van sy gebied, word die aangeleentheid des te gevaarliker.

Alhoewel Japan, soos die VSA, en ander groot moondhede, erken nie Taiwan as ʼn staat nie, en Beijing handel nie met state wat wel erken dat Taiwan ʼn onafhanklike staat is, word die Taiwannese regering tog gesteun deur privaat instansies vanuit baie Westerse lande.