Sekuriteit maatskappy wys wat om te doen

Terwyl die polisie staan en toekyk hoe diewe en brekers matrasse en meubeld wegdra uit winkels, het ʼn sekuriteit maatskappy se beamptes die owerheid gewys hoe word diewe vasgevat.

In een van die swart gebiede buite Johannesburg het die diewe toegesak op die winkels van ʼn inkopie sentrum, maar nie rekening gehou met die knap optrede van die sekuriteit maatskappy se werkers nie.

Terwyl diewe die ruite van ʼn winkel wou breek, het die beamptes opgetree en die horde mense wat wou aas, met rubber koeëls geskiet sodat hulle blitsvinnig die persele verlaat het. Van die diewe wat tog ʼn laaste poging wou aanwend om iets gesteel te kry, het beamptes met sambokke en knuppels, die nodige gedoen en kon die winkeliers met rustigheid hulle deur weer oopsluit en klante bedien.

Waarnemers sê die ANC regering se Minister van Polisie, is klaarblyklik bang om sulke optrede te volg, uit vrees “vir ʼn moontlike bloedbad”.