SA Weermag ingespan teen plunderaars

Die ANC regering het die Suid-Afrikaanse Weermag se hulp ingetrek om die plunderaars en Zuma ondersteuners vas te vat wat besig is om die land se ekonomie nog verder te ruïneer.

Met berigte dat die plunderaars en vandale reeds na die belangrikste groot stede uitgebrei het, word dit al duideliker dat dit nie by die afbrekers gaan om die loslating van Jacob Zuma nie, maar dat dit slegs die ‘geregverdigde rede” is om vragmotors aan die brand te steek, die voorraad wat vervoer word te buit, en om voertuie met klippe te gooi uit frustrasie wat saamhang met werkloosheid en gewone geneigdheid tot boewery, sê diegene wat tussen die plunderaars beweeg.

Die enorme geweld waarmee die sogenaamde betogers op onskuldige winkel eienaars toesak en hulle voorraad wegdra, geurig van ʼn wetteloosheid wat waarskynlik nie gou deur weermag soldate gestop gaan word nie.

Sakeondernemings soos Makro en Pick n Pay het swaar deurgeloop onder die diewe wat duisende Rand se voorraad weggedra het in Natal en blykbaar ook in Gauteng, terwyl kleiner sakeondernemings se eienaars moes vlug om nie beseer of gedood te word terwyl hulle eiendomme besteel en vernietig word.

Militêre deskundiges is van mening dat die mandaat wat soldate kry, nie van veel waarde is nie, aangesien hulle teenwoordig moet wees op die polisie aan diens se veiligheid moet verseker.

Die mening bestaan dat die aantal soldate ook nie genoeg is om in Natal en in die Johannesburg omgewing ʼn sterk invloed sal uitoefen nie.