SA Virus status

In Suid-Afrika het 11,182 nuwe infeksies bygekom in die voorafgaande 24 uur tydperk, en die vermoede bestaan dat al die streke se gegewens nie betyds ingedien is nie, want die vorige aantal dae was infeksies meer as 20,000 per 24 uur.

Die totale aantal infeksies wat aangeteken is, het nou 2,2 miljoen verbygegaan.

Die sterftes staan op 64,509en die totale herstel syfer is 1,943, 513. Dit beteken dat die land nog sowat 198,759 aktiewe infeksie gevalle het.

Die totale aantal mense wat reeds ʼn inenting gekry het, staan nou op 4,390,891. Wat insluit die 154,173 wat die afgelope 24 uur ingeënt is.

Kenners wys daarop dat die huidige tempo van inenting veels te stadig is om die teiken merk te bereik, en die hoop is uitgespreek dat die regering meer instansies in die privaat sektor sal betrek om met die veldtog te help.