SA kry nuwe R5 muntstuk

Suid-Afrika kry hierdie week ʼn nuwe R5 muntstuk ter herdenking van die 100 jaar bestaan van die Suid-Afrikaanse geldstelsel.

Die SA Reserwebank sal die nuwe R5 muntstuk vrystel terwyl die bestaande R5 muntstuk in sirkulasie sal bly as wettige betaalmiddel.

Die nuwe R5 sal vorige geldstukke van Suid-Afrika uitbeeld ssoos die bekende “tiekie” en ander geldstukke.

Die SA Reserwebank gaan ook ʼn veldtog begin om die Suid-Afrikaanse banknote wat “vernuwe is” aan die publiek bekend te stel. Die banknote en muntstukke se rol in die SA ekonomie sal glo uitgebeeld word.