SA kan nie so baie geld leen nie

Die Departement Openbare Dienste en Administrasie se minister,  Senzo Mchunu, het gewaarsku dat die regering van die land sal sowat R70 miljard moet leen as hy sou in stem om ʼn styging in openbare dienste se salarisse moet betaal. Dit sal geleen moet word om verlede jaar se ooreengekome verhogings te betaal, terwyl die sektor al weer dreig met stakings as daar vanjaar nie verhogings is nie.

Die ooreenkoms wat bereik is by die Openbare Dienste se Raad in 2018 het salaris verhogings tussen 4,4% en 5,4% beloop wat op 1 April 2020 in werking sou kom, maar die pandemie en die swak ekonomiese toestand het veroorsaak dat die regering nie die verhogings kon nakom nie.

Of die regering daarin sal slaag om die werkers nog ʼn keer te paai, word betwyfel, maar arbeid deskundiges sê as daar minder werkers in diens gehou word, sal die produktiwiteit van werkers verhoog en sal daar fondse beskikbaar wees om die verhogings te betaal.