SA gaan jare neem vir herstel

Ekonome is dit eens dat die revolusionêre anargie wat deur die sogenaamde Zuma ondersteuners gedryf is, die land baie jare gaan neem om te herstel.

Die plundering en geweld het sy tol geëis. Berekenings dui daarop dat 117 mense hulle lewens verloor het, en Makro se oorhoofse maatskappy sê 41 van sy kleinhandel winkels is deur die vandale gestroop.

Daarbenewens is talle ander kettingwinkels op soortgelyke wyse gestroop en die geboue beskadig, wat die totale skade op winkelgroepe bykans onberekenbaar maak, word gesê.

Met die groot aantal klein sakeondernemings, veral in swart gebiede, is duisende mense werkloos gelaat, en die eienaars sonder inkomste of enige vermoë om weer n onderneming te begin. Dit beteken dat die ANC regering hulp sal verleen om die mense weer aan die gang te kry, en dit word van die belastingbetalers se bydraes geneem.

Die onberekenbare is egter dat niemand sal kan bepaal hoe die styging in veral voedsel pryse die verbruiker sal raak nie, maar finansiële deskundiges reken dat dit ook die werkende mense swaar sal tref, terwyl baie werklose mense ook deur moeilike tye sal beweeg.