SA ekonomie herstel redelik goed

Te midde van die enorme terugslag wat Suid-Afrika getref het toe diewe en plunderaars die land se twee provinsies, Gauteng en Natal geruïneer het, is die metings van Standard en Poor’s (S7 P)  gunstiger as wat verwag is.

Die plunderaars het gesorg dat die land se BBP daal met 0.7% en is as ʼn nek breker gesien.

Danksy die stygende vraag na voedsel en ander produkte op die wêreldmark het Suid-Afrika se uitvoere goeie resultate getoon alhoewel die Durban hawe ook vir 10 dae geen verskeping hanteer het nie, want ook daar het die plunderaars nie weggebly nie.

Te midde van al die terugslae, is S & P nie negatief oor SA nie, want die land kon daarin slaag om ʼn groei van 4,2% te bereik, wat aansienlik beter is as wat verwag is.

Die krediet graderings maatskappy S&P sê in sy verslag dat die groei wel in 2022 sal afneem, en selfs ook in 2023 verder kan daal, maar dat die huidige resultaat veel beter is as wat verwag kon word te midde van die plunderaars en die koronavirus pandemie.

Fitch en Moody’s graderings agentskappe is van mening dat die onrus wat opgevlam het, nie oor die vermoë beskik om lank aan te hou nie, terwyl die veiligheidsmagte se versterkings uit die weermag getoon het dat die land geen langtermyn krisis het nie.