SA Covid status

Die statistiek vir Sondag 18 Julie toon ʼn daling in infeksies en ook in die aantal sterftes wat aangeteken is vir die 24 uur tydperk.

Totale aantal toetse gedoen: 14,3 miljoen

Totale aantal positief getoets: 2,3 miljoen

Totale aantal wat herstel het: 2 miljoen

Totale aantal sterftes: 66,859

Nuwe infeksies vir die dag: 11,215

Die sterftes vir die dag: 183

Die herstel koers is tans 89,3%

Geneeskundiges waarsku dat alhoewel SA reeds die draaipunt verby gegaan het, en die afname aansienlik is, word die infeksies steeds as uiters hoog gesien. Kommer bestaan dat die onluste van die afgelope week die nuwe infeksies dramaties kan verhoog en maan dat groot versigtigheid steeds toegepas moet word.