Russiese vegvliegtuig ontwrig media konferensie

ʼn Russiese vegvliegtuig het vir chaos gesorg toe dit sonder ʼn goedgekeurde vlug plan alarm wou maak en daarmee so groot geraas veroorsaak dat die pers konferensie se twee hoof sprekers nie kon voortgaan met hulle voorleggings nie.

Die Spaanse Eerste Minister, Pedro Sanchez, en Litoue se President,  Gitanas Nauseda, was kwalik drie minute aan die woord toe die vegvliegtuig  die verrigtinge onderbreek het.

Die Russiese vegvliegtuig is vrdryf toe twee van die regering se vegvliegtuie opgestyg het, wat die konferensie nog verder belemmer het, en was die beplanners genoodsaak om die twee sprekers, die vlae en podiums na ʼn ander terrein te verskuif.

Die Euro Vegvliegtuie het van Litoue se lugmag basis opgestyg, waar die twee leiers die konferensie gehou het, en die alarm wat gemaak is het nie net die twee politieke leiers ontsenu nie, maar ook van die joernaliste het later meer berigte oor die voorval gehad as oor die inligting van die pers konferensie.