Russe lanseer Hiper-soniese missiel

Rusland het met sy toets van ʼn nuwe Zircon hiper-soniese kruiser missiel ʼn suksesvolle lansering uitgevoer, waarna die Russiese president die wetenskaplikes en militariste geprys het vir hulle uitstekende resultaat.

President Vladimir Poetin het na die nuwe missiel verwys as ʼn reuse deurbraak in Rusland se verdedigings Network, en die Minister van Verdediging het beeldmateriaal vertoon van die lansering wat vanaf die Admiral Gorshkov oorlogskip gedoen is vanaf die Wit See waar dit die teiken van meer as 350 kilometer van die kus is.

President Poetin sê die missiel beskik oor die vermoe om nege keer vinniger as die spoed van klank te beweeg, en het ʼn reikafstand van 1,000 kilometer.

Intussen het wapen deskundiges in die Westers lande die aansprake van Rusland begin bevraagteken oor sy nuwe generasie wapentuig.

Westerse deskundiges sê indien dit werklik is dat so ë missiel bestaan, sal dit uiters moeilik wees om dit te sien, of op te spoor en byna onmoontlik om dit te ondervang in tyd van oorlog.

Moskou beplan dit om die soort missiel aan sy oorlogskepe te monteer, wat waarskynlik die vermoë het om byna enige punt in die wêreld sal kan bereik.