Rinneweerders

Alhoewel die ANC president die chaos by veral Mooirivier Plaza veroordeel het, staan die optrede van Zuma ondersteuners, wat ook ANC ondersteuners is, soos ʼn gevaarlike rooi vlag omhoog.

Die R150 miljoen skade aan meer aan byna 40 vragmotors en die kosbare vragte wat vervoer is, is vir hierdie bankrot land onbekostigbaar, maar dit is duidelik dat daar in ANC geledere baie is wat die waarde van ʼn kragtige ekonomie nie begryp nie, en geniet dit eerder om te brand en te plunder, al is diegene wat die skade ly, geensins verbind aan Zuma se tronkstraf nie.

Dit is hierdie rinneweerders wat oor die afgelope dekades die eens magtige ekonomie van Suid-Afrika afgetakel het tot by die huidige rommelstatus.

Benewens die rinneweerders se klaarblyklike wanbegrip van waarmee hulle besig is as hulle vragmotors vernietig, is daar ook diegene wat opdaag as sogenaamde protesteerders wat van die chaotiese toestand misbruik maak om winkels en ander eiendom te plunder tot hulle eie voordeel.

Asof daar vreugde gevind word in die afbreking van die ekonomiese pilare, brei die gewelddadige toestand uit na ander provinsies, en word die vandalisme voortgesit terwyl 80% van die deelnemers nie seker is waaroor dit alles gaan nie, behalwe dat hulle mag plunder en wegdra tot eie voordeel.

En die polisie sukkel om die belhamels vas te trek, want hulle wil eerder sien dat onskuldige vragmotor eienaars, en onskuldige sakeondernemings ten gronde gaan, as om die kamtige “bloedbad” te voorkom.

Dit is alles waarvoor die blankes in ’94 Ja gesê het te midde van die waarskuwings van konserwatiewe volksgenote.

En vandag is daar baie, baie min Ja-stemmers wat steeds glo hulle het die regte ding gedoen….