Regering se inenting in slakkepas

Die regering se Departement van Gesondheid slaag nie daarin om die pas te versnel met die inenting veldtog teen die koronavirus nie.

Daagliks sterf honderde mense weens infeksie van die virus, en die syfers is ontstellend hoog, met tot byna 600 sterftes in ʼn 24 uur tydperk. Daarbenewens is die infeksies steeds tussen 10 en 20 duisend nuwe gevalle per 24 uur, wat die versnel van die veldtog baie noodsaaklik maak, sê medici en deskundiges.

Met die inenting wat nog nie 6 miljoen bereik het nie, is dit duidelik dat die mikpunt om einde Maart 2021 40 miljoen ingeënt te kry, nie haalbaar nie, veral as in aanmerking geneem word dat die meeste mense ook ʼn tweede dosis moet kry om behoorlik en veilig geïmmuniseer te wees.

Berekenings wat gemaak is, toon dat die regering 67% van die bevolking eers oor drie jaar sal bereik, en dit beteken dat daar nog baie mense gaan sterf weens infeksie.