Regering oorweeg inkomste vir werkloses

President Cyril Ramaphosa het glo gesê die regering is tans besig om ondersoek in te stel na die moontlikheid om ʼn basiese inkomste toelae te betaal aan sekere mense.

Ramaphosa het in sy toespraak op Mandela-dag gesê dat so ʼn Staats toelaag sal mense bewus maak daarvan die regering omgee vir sy mense.

 Die president het gesê die regering gee ernstige aandag aan die saak omdat hy omgee van die mense wat swaarkry weens die armoede en die ongelykheid wat bestaan moet uit die weg geruim word.

Die aankondiging kom waarskynlik nadat die Kongres van die SA Trade Union die oproep gedoen het vir so ʼn skema, wat nog meer noodsaaklik geword het na die plunder veldtog in Natal en Gauteng.

Cosatu woordvoerders het na afloop van die byeenkoms gesê die regering het nodig om ʼn kop-skuif te maak en erkenning te gee aan die feit dat baie mense werkloos is en gehelp moet word.

Ekonomiese ontleders sê die permanente instelling van so ʼn toelaag projek sal die werksku mense aanmoedig om nooit te werk nie, en kan die land se ekonomie finaal knak, en bring die land nog nader aan sosialisme.