Regering en Taliban dialoog gaan voort

Die regering van Afganistan en die rebelle leiers van die Taliban het in Qatar  vergader waar hulle ʼn ooreenkoms bereik het, maar wat ook kommer wek in Westerse lande.

Die twee partye streef daarna om ʼn politieke akkoord te vind om die oorlog geteisterde land na vrede te lei, wat vir die regering van belang is noudat die Navo troepemag die land verlaat het.

Die partye wat in Doha vergader het, die afgelope naweek, het nog nie ʼn finale ooreenkoms bereik nie, maar beide kante sê die gesprekke was bevredigend en moet so spoedig moontlik hervat word.

Beide partye het in ʼn verklaring bevestig dat dialoog sal voortgaan tot ʼn bevredigende oplossing gevind is.

In die verklaring word ook onderneem dat beide sal intree om humanitêre hulp te verleen aan die burgerlikes wat in ernstige nood verkeer.