Redding: Twee bere van Sirië na VSA

Twee bruin bere in swak toestand, is uit die Libanon se dieretuin gered en word vanuit Sirië na die Amerikaanse deelstaat Colorado per vliegtuig geneem.

Die diereregte organisasie het gesê beide bere se toestand is uiters swak wat getuig dat die versorging veel te wense oorgelaat het, en moes uit die dieretuin gered word.

Die twee Siriese bere, wat aanvanklik uit Sirië aan die betrokke dieretuin gelewer is, sal glo spesiale aandag kry in hulle nuwe tuiste.

Die diereregte organisasie sê die bere was in ʼn baie klein hok aangehou, en het baie dae sonder kos deurgebring, wat gelei het tot ʼn operasie wat die diere uit die toestand bevry het.

Die woordvoerder sê die twee bere Homer en Ulysses is albei 18 jaar oud, en weeg 130 kg elk, en is in ʼn private dieretuin aangehou in ʼn klein dorpie naby die hawestad Tyre.

Die bere kon bevry word uit die haglike toestande nadat die eienaar oortuig kon word dat hy afstand moet doen van die diere, of bereid sal moet wees om deur die hof beveel te word om die diere vry te laat.