President vergader met senior sakelui

President Cyril Ramaphosa het Dinsdag van die afgelope week met hoofde van maatskappye vergader om die invloed van die huidige onrus wat geheers het, te bepaal.

Die enorme skade wat die plunderaars en diewe veroorsaak het kos die land miljarde Rand, terwyl die president reeds twee dae voor die begin van die plundery, geweet het dit gaan gebeur.

Die Dinsdag vergadering met sowat b90 Hoof Uitvoerende Beamptes van sakeondernemings is gehou om die geweldige invloed wat die plundery en onrus gelaat het in veral die Gauteng en Natal provinsies.

Ramaphosa het klaarblyklik nie veel meer gesê as wat mense in Suid-Afrika nie reeds weet nie, en sy opmerking dat elke sektor van die ekonomie geraak is deur die onrus, is alom bekend.

Ramaphosa se tweede opmerking dat die gebeure van verlede week ʼn opstand was wat bedoel is om uit te loop op ʼn staatsgreep wat misluk het, word allerwee deur kenners beskou as een van die belangrikste erkennings wat gemaak is en mense laat besluit het om Suid-Afrika vir goed te verlaat.

Die anargie het gelei tot die verlies van 150,000 werkgeleenthede waarvan een deel nie gou sal herstel nie, en die beraamde skade beloop sowat R50 miljard.

Die president het glo erken dat die regering te lank gewag het voordat hy strenger opgetree het teen die vandale, en het laat deurskemer dat die staat se veiligheidsmagte se vermoëns ook nie so goed is as wat dit behoort te wees nie.

Ingeligte bronne sê die president het die vergadering gehou met sakelui uit vrees dat daar groot instansies mag wees wat ook hulle ankers wil lig en ʼn ander land as staanplek gaan soek.