Plunderaars se goed sal vernietig word

Die waarnemende Minister in die Presidensie, ene Khumbutzo Ntshavlheni, het aan die media gesê dat die regering is van voorneme om alle goedere wat teruggevind word van die plunderaars en diewe, vernietig gaan word.

Die minister het glo inligting verstrek oor die heropbou van ndie land se ekonomie na die plunder veldtog wat die land meer as R50 miljard se skade berokken het.

Sy het op ʼn vraag gesê die R1,5 miljard wat aan voorraad verlore gegaan het in Natal alleen, sal eers as bewysstukke in die hof gebruik word voordat dit geheel en al vernietig word.

Sy het glo verduidelik dat die gesteelde goed nie weer in omloop geplaas kan word nie omdat dit winkels se nuwe voorraad onverkoopbaar laat, want die gesteelde goed sal teen veel laer pryse aangebied word.

Kenners wys daarop dat die tweede probleem ook is dat die gesteelde goed nie die gebruiklike waarborg sou bied nie, wat sulke transaksies ongunstig maak.

Politieke waarnemers sê die grootste probleem is dat die gesteelde goedere later in sogenaamde wetsgehoorsame mense se huise kan beland.