Peru kondig nuwe president aan

Nadat meer as ʼn maand verloop het van onsekerheid oor wie die presidentsverkiesing gewen het, is nou aangekondig dat Peru se nuwe president, Pedro Castillo is.

Die voormalige onderwyser het die presidentsverkiesing gewen wat aanvanklik ʼn dispuut beslissing was wat nie bekend gemaak is nie, maar wat beide die hoof kandidate ontevrede gelaat het.

Die verkiesing wat op 6 Junie gehou is, se uitslag is teruggehou tot die verkiesings agentskap tevrede was dat die hertelling goed verloop het.

Die regse en vroulike kandidaat, Keiko Fujimori, se aanspraak dat verkiesingsbedrog gepleeg is, is later verwerp deur die waarnemers van die EU, Kanada, Brittanje en die VSA wat teenwoordig was om moontlike bedrog te identifiseer.

Die aanvanklike uitslag het Castillo as wenner getoon met ʼn meerderheid van 44,000 stemme, maar die stemme is weer getel en daarmee was dit duidelik dat Castello die wenner is.