Pentagon kanselleer multi-miljard kontrak

Die Amerikaanse Pentagon gaan die kontrak met Microsoft kanselleer en vervang dit met ʼn nuwe multi-wolk program wat uitsluitlik aangebied is aan Amazon of Microsoft.

Die VSA se Verdedigingsmag se hoofkantoor wat in die Pentagon gesetel is, het die $10 miljard Wolk-projek gekanselleer, en vermoedelik omdat die aanbod eers aan ander instansies gebied is.

ʼn Woordvoerder in die Pentagon het gesê daar word gekyk na ʼn nuwe kontrak en slegs Microsoft en Amazon beskik oor die vermoë om die projek te aanvaar.

Die betrokke Wolk-projek, bekend as die JEDI, Joint Enterprise Defense Infrastructure Wolk is ontwikkel met die doel om die werk van die VSA se Verdedigings Departement so in te rig dat dit ʼn beter toegang skep tot data.