Pasop om gesteelde goed te koop

Verskeie instansies in Suid-Afrika het ernstige waarskuwings uitgestuur dat mense nie die gesteelde goedere wat deur plunderaars verkoop word, aan te skaf nie.

Die gevaar dat sulke transaksies, waarvan die prys gewoonlik sowat 40% goedkoper is as in die winkels, mag wel na ʼn winskopie lyk. Die gevaar kom egter as die gereg op jou toesak, die “gekoopte” artikels konfiskeer, en jou arresteer omdat jy in besit is van gesteelde goedere.

Kenners waarsku dat dit nou baie gevaarlik is om by enige iemand sulke artikels te koop omdat daar geen bewyse vir jou bestaan dat die transaksie wettig is nie.

Die publiek word daarop gewys dat sowat 3,400 diewe reeds gearresteer is, maar die moontlikheid bestaan dat daar nog soveel in die straat besig is om hulle gesteelde goedere te verkwansel.

Die jongste gegewens toon dat net een persoon wel borgtog gekry het van die sowat 1,200 wat reeds in die verskillende howe verskyn het.