Paniek inkopies in Gauteng

Die paniek aankope wat in groot dele van Sentraal Transvaal plaasvind by supermarkte het ernstige kommer laat ontstaan dat aflewerings deur vragmotors van leweransiers nie gaan voorbly om aanvullings te doen nie.

Paniek het ontstaan toe motoriste sedert Woensdag begin het om voertuie se brandstof aan te vul, en daarna is die eerste toeloop tot supermarkte begin.

Die paniek aankope, wat egter in swart gebiede begin het, het oorgewaai na die tradisionele blanke stede soos Pretoria, Johannesburg en ander aan die Wes- en Oos-Rand gebiede.

Winkels in die gebiede probeer wel om hulle deure oop te hou, en in baie gevalle is buurtwag organisasies op gereedheid om die winkels teen plunderaars te beskerm, maar of aflewerings van voorraad gereeld sal wees, is op hierdie stadium onbekend, het een woordvoerder gesê.

Waarnemers wys daarop dat baie van die groothandel sakeondernemings ook deurgeloop het onder plunderaars en diewe, wat die totale voorraad wat normaalweg as buffer voorraad gehou word, nou aansienlik uitgeput is.