Pandemie ontwrig begrafnis ondernemers

Die koronavirus pandemie, wat tans met die Delta variant op die voorpunt is in Suid-Afrika, het ook die begrafnis dienste se vermoë tot die uiterste beproef.

Met die skaarste aan geskikte hou voorraad, sukkel doodkis vervaardigers om aan die dringende behoefte te voorsien. Talle ondernemers poog om voorraad van kiste op te bou, maar die beskikbaarheid is nie groot genoeg om in die geweldige aanvraag te voldoen nie.

Ondernemers sê hulle begrawe sowat 70% meer mense per week as wat die geval in die ooreenstemmende tyd van 2020 was.

Een van die grootste uitdagings wat ondernemers ondervind, te midde van die gesukkel om kiste te bekom, is die feit dat hulle eie personeel blootgestel word om infeksie op te doen, en daar is nie alternatiewe personeel wat op ʼn tydelike basis die werk kan doen nie.

In veral die Gauteng en Wes-Kaap provinsies is die vraag na kiste die grootste, en die verskaffers van hout aan die vervaardigers sê hulle kan nie voorbly om hout te behandel en beskikbaar te maak om aan die geweldige aanvraag te voldoen nie.