Opec lande bereik olie ooreenkoms

Die geskil tussen die twee Arabiese lande, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), oor wat die Opec lande se toekomstige optrede moet wees, is die naweek bygelê.

Alhoewel die woordvoerder van Saoedi ontken dat daar ernstige verskille tussen die twee Opec lande was oor hoeveel olie geproduseer moet word, en wat die prys behoort te wees, het ingeligte bronne wel berig dat die geskil veroorsaak het dat die prys van ru-olie skerp gestyg het die afgelope week.

Die wêreld se grootste leier op die gebied van olie produksie ,het ooreengekom die afgelope naweek dat sy 23 lidlande wat Rusland insluit, nou ʼn verhoogde produksie van 400,000 vate per dag sal lewer wat vanaf Augustus in werking sal tree.

Die invloed van die koronavirus pandemie het veroorsaak dat die aanvanklike ooreenkoms van vroeër nie volgehou kon word nie weens die swakker aanvraag, en die geleidelike toename in produksie kon nie gehandhaaf word nie.

Opec sê die lande, Koeweit, Rusland, Saoedi, en die VAE sal dus ʼn styging in produksie ondervind.