Oos-Kaap polisie soek na kapers

Die polisie in die Oos-Kaap provinsie is op soek na ʼn aantal kapers wat ʼn vragmotor gekaap het wat vol katalitiese omsetters gelaai is ter waarde van miljoene Rand.

In ʼn verklarings wat vrygestel is, sê die provinsie se polisie woordvoerder, Kolonel Naidu, dat die vragmotor wat die omsetters vervoer het, by Forest Hill naby ʼn begraafplaas tot stilstand gedwing is.

Die vragmotor is tot stilstand gedwing deur die kapers wat in ʼn bakkie gery het, en onbevestigde berigte lui dat dit waarskynlik ʼn sameswering is, alhoewel die kapers ook gewapen was en die vragmotor bestuurder met die wapens gedreig het om stil te hou.

Die polisie is onseker oor waarheen die diewe met die vrag omsetters ter waarde van R14 miljoen verdwyn het, en ʼn reuse soektog is van stapel gestuur om die omsetters terug te kry.

Ingeligte bronne beweer dat vragmotor kapings die afgelope ses maande drie voudig vermeerder het, en dat maatskappye dit toenemend oorweeg om nie sonder gewapende sekuriteitsbeamptes hulle voorraad te vervoer nie.

Die verhoogde vervoerkoste word daarna by die produkte ingewerk, wat ʼn styging van tot 10% kan beteken vir die eindverbruikers.