Oorlog sones met “derde mag”

Terwyl prominente lede van die veiligheidsmagte daarvan aangekla word dat hulle deel vorm van die chaos wat tans in Natal en Gauteng ondervind word, is daar diegene wat beweer dat dit oorlog sones is wat deur ʼn derde mag aangeblaas word.

Wat die merkwaardige is van al die onluste, plundery en brandstigting, is dat die patroon wat gevolg word, in Natal en in Gauteng, byna identies is.

Dit laat die vermoede dat ʼn derde mag wat nie noodwendig uit groot getalle mense bestaan nie, agter die chaotiese toestand sit, maar daarvoor is meer inligting nodig, sê kenners op die gebied van onluste beheer.

Die feit dat die plunderaars en diewe oral eners optree, en dat baie van hulle ook ANC ondersteuners is, laat die ondersoekers fokus op die moontlikheid van die bestaan van ʼn derde mag, terwyl ander reken dat die diewery en plundering ontstaan het weens werkloosheid en armoede.

Die werklikheid is dat die plunderaars nie TV toestelle en ander hardeware sal steel as hulle optrede gedryf word weens honger nie, sê waarnemers en deskundiges, maar die wegdra van alles uit winkels kan beskou word as deel van ʼn kultuur wat oor ʼn redelike tyd gevestig is.

Meningsvormers sê die wegry van bakkie vragte TV stelle en ander huishoudelike toerusting is diewe wat daarmee ʼn eie sakeonderneming begin, en sulke mense sal ook in die toekoms hulle “voorraad” op oneerlike wyse bekom.