Onwettige goud myners bring spanning

Die onwettige goud delwerye het nie net groot omgewings skade in Colombia, Suid-Amerika, veroorsaak nie, maar ook spanning gebring na ʼn gebied wat eens as die vreedsaamste in die land bestempel is.

Die owerheid sae=ê die mynbedrywighede is ook onwettig en is ʼn groot bron van kommer omdat dit vermoed word dat die myners verbonde is aan georganiseerde kriminele strukture.

Die myners het reeds so astrant geword dat hulle dikwels ten aanskoue van die polisie, voortgaan met hulle onwettige bedrywighede, en ontgin goud op plekke waar niemand vroeër toegelaat is omdat dit staatsgrond is.

Die onwettige myn van goud vind hoofsaaklik plaas in een van die bekende riviere waar watervalle voorkom, en die bedryf is aan die toeneem tot so ʼn mate dat die polisie klaarblyklik nie in staat is om dit te stop nie.

Die toename in onwettige ontginning word nou reeds oor ʼn wye gebied in die land gedoen, en na raming is daar aktiewe ontginning oor 52,000 hektaar grond, wat die polisie se taak al moeiliker maak.

Die goud word in onderhandelings aan georganiseerde misdaad sindikate verkwansel, wat glo die goud deur sogenaamde “wettige kanale” verhandel.