Onskuldige handelaars se reuse verliese

Die kleinhandel groep Massmart, wat ondermeer Makro en Game besit, het enorme skade gely weens die pogings van misdadigers om die land in anargie te dompel.

In ʼn verklaring wat aan aandeelhouers gestuur is word van die skades bekend gemaak wat die groep in Natal en Sentraal Transvaal het.

Die groep verklaar dat 18 van sy Cambridge winels, 10 winkels van Game, 8 persele van Builders, 3 Cash & Carry winkels en 2 Makro winkels leeg gesteel is.

Die woordvoerder sê dat twee van sy verspreidings sentrums ook deur die plunderaars beroof isen vier ander persele is ook aangeval.

Die totale skade is nog nie volledig bereken nie, en die hoop is uitgespreek dat die ergste plunder en diefstal tot ʼn einde gekom het nadat die weermag ook soldate ontplooi het.

Die bestuur sê hy is egter gefokus op die welstand en versorging van sy werknemers en om die verskillende winkels wat gestroop is, weer op dreef te kry.