Nuwe mikpunt gestel vir inentings

Die Departement van Gesondheid het nou vir die vierde keer ʼn nuwe mikpunt gestel vir die inenting wat gedoen moet word.

Aanvanklik sou 40 miljoen mense teen Desember ingeënt wees, maar die regering het geswig onder die negatiewe berigte wat in die media verskyn het oor die onhaalbaarheid daarvan.

Dit is toe twee keer verander, en die afgelope naweek is berig dat die Departement nou kans sien om 35 miljoen mense teen die einde van Desember geïmmuniseer te kry.

Tans is daar net meer as 6 miljoen mense geïmmuniseer, maar of die regering reken die immunisering van 35 miljoen mense beteken dat hulle ook die tweede inenting gekry het, sal dit nodig wees om binne die volgende ses maande en twee weke nog byna 60 miljoen inentings moet doen om almal n tweede inspuiting te gee. Dit kom neer op sowat 10 miljoen inentings per maand, wat nie onmoontlik is as alles reg bestuur word nie, het ingeligte bronne gesê.

Intussen is berig dat nagenoeg 25,000 dosisse entstof verlore gegaan het in die plunder veldtog van die vorige twee weke.