Nuusflitse

Natal revolusie

Terwyl die weermag soldate ontplooi word, is klein groepe gewapende misdadigers besig om hulle te probeer verryk deur plattelandse dorpies te besoek, maar kry sterk teenstand van die plaaslike inwoners wat weier dat hulle winkels gestroop word.

Rasse voorvalle

Verskeie bewerings is gemaak van ernstige rasse voorvalle in Natal wat tussen Zuma ondersteuners en die Indiër en Blanke gemeenskappe ontstaan het, maar dat die polisie en weermag tussenbeide getree het om te voorkom dat dit in gewlddadige aanvalle ontaard. Gerugte lui egter dat sowat 20 mense in rasse voorvalle gedood is.

Gesondheid krisis

Met oorvol hospitale in Natal en in Gauteng weens die groot aantal daaglikse nuwe infeksies met die koronavirus, het die twee gebiede ernstige krisisse nadat dit berig is dat talle punte waar inenting gedoen word, gesluit of selfs deur vandale vernietig is. In Natal is dosune apteke ook gestroop van alle voorraad, en bestaan daar enstige kommer oor die beskikbaarheid van voorgeskrewe medikasie, maar veral van Chroniese medikasie wat nêrens bekombaar is nie.

Krag krisis

Die Turkse elektrisiteit verskaffings skip wat aanvanklik krag sou lewer aan Eskom, maar wat deur die departement gekanselleer is, beplan nou om voort te gaan met ʼn hofgeding oor die kansellasie van die ooreenkoms. Die eienaars reken die Departement is verkeerd in hulle bewerings dat die skip skade aan die omgewing kan aanrig.