Nuusflitse

Rekord met Sandkasteel

Deels te danke aan die koronavirus, het ʼn Nederlandse entoesias, Wilfred Stijger, die wereld se grootste sandkasteel gebou op die seestrand van ʼn klein dorpie, Blokhus, in Denemarke.

Die reuse sandkasteel is deur die verteenwoordigers van die Guinness Book of Records besoek en kon sonder twyfel die werk opteken in die rekord boeke. Die kasteel het 21 meter hoog gestaan en simboliseer glo die gevaar en krag van die koronavirus. Die projek het 4,850 metrieke ton sand benodig.

BA graad aan seun

ʼn Seun wat kwalik 11 jaar oud is, het die BA graad in fisika verwerf in die Universiteit van Antwerpen nadat hy die kursus van drie jaar binne een jaar afgelê het. Laurent Simons van Oostende in België het ook ʼn meestersgraad kursus in dieselfde jaar verwerf toe hy die hoogste punte in die klas behaal het. Hy wil hom beywer daarvoor om liggaamsdele wat onklaar raak, te vervang met tegnologies gevorderde meganiese dele.