Nog rooi ligte brand

Nog gevaar tekens is aan die waarsku oor die ekonomiese toestand van mense in Suid-Afrika wat op verskillende maniere deur die pandemie geraak word.

Aan die een kant is daar vreugde oor meer voertuie wat verkoop word, want dit toon tekens dat die ekonomie besig is om geleidelik te herstel.

Die ernstige probleem is egter dat meer mense deesdae hulle kos voorraad op rekening aankoop, wat iets gevaarlik voorspel, sê ekonomiese adviseurs.

Die groeiende aantal verbruikers wat hulle kredietkaarte gebruik vir voedsel aankope dui op ʼn ernstige finansiële krisis onder die gewone burgery, word gesê.

Om kruideniersware op skuld te koop is een van die gevaarlikste dinge om t doen, sê kenners. Neil Roets het op ʼn radioprogram gesê die verkope van kruideniers het die afgelope tyd skerp toename getoon van mense wat met hulle reeds oorlaaide kredietkaart die kos voorraad betaal.

Hy sê die feit dat jy goed soos normale kruideniersware op skuld koop, beteken jy het nie geld nie, en kruideniers word nooit op skuld gekoop nie, is gesê.