Nog plunderaars sterf

Die opstand en anargie wat vir 10 dae geheers het in Suid-Afrika, het honderde mense se dood teweeggebring, en waar dit aanvanklik 112 mense is wat gesterf het, is daar nou veel meer sterftes aangeteken.

Diegene wat in hospitale, of tuis was met ernstige skietwonde, het ook tot baie se dood gelei, en tans is daar 337 mense wat gesterf het weens wonde wat opgedoen is.

Baie van die gewondes het uit vrees dat hulle gearresteer kan word, probeer om weg te kruip en in huise hulleself probeer behandel.

Die polisie het glo 213 gevalle van moord geopen wat almal verband hou met die plundery en diefstal van weke gelede.

Van die wat omgekom het in die opstand, is 79 in Gauteng dood en 258 in Natal, en waarnemers sê daar bestaan wel ʼn moontlikheid dat nog mense kan sterf as hulle nie hospitaal behandeling kry nie.

Intussen soek die polisie glo na nog opstokers wat verantwoordelik is vir die chaos wat die twee provinsies beleef het.