Nog kuberkraker skema gevind

Terwyl baie mense in Suid-Afrika, en talle sakeondernemings, voortgaan met die ontginning van digitale dienste terwyl die sogenaamde “nuwe normaal” hom afspeel, is die kuberkrakers en misdadigers ook besig, en hulle probeer voor bly om mense te besteel.

Die kuberkrakers slaag ook daarin om nuwe tegnieke te ontwikkel wat suksesvol toegepas word op die jongste tegnologiese ontwikkeling wat bankiers en ander finansiele instellings gebruik.

Banke waarsku hulle kliënte deurlopend om te waak teen die gevaar van kuberkrakers se bedrog, en nou is die sogenaamde “remote access scans” op die voorgrond wat deur kuberkrakers gebruik word om hulle bedrog en diefstal te pleeg.

Alhoewel die diewe konsentreer op geld wat hulle uit bankrekenings onttrek met hulle bedrog, is daar ook talle gevalle waar sensitiewe inligting van maatskappye gesteel word.

Die bedrieërs is nou sterk gefokus op die sogenaamde “remote access” skanderings, sê die IT deskundiges, en voeg by dat hulle moeite ondervind om gou genoeg alternatiewe beveiligings metodes te ontwikkel.

Die gevaar is dat die gewone mense dikwels in die slagyster trap om die “remote access” af te laai wanneer hulle deur die skelms se stelsel versoek word om in te skakel na jou persoonlike besonderhede, en as die profiel “oop” is, het die skurke dadelik toegang.