Nog duisende soldate nodig teen onluste

Die 2,500 soldate, waarvan daar Donderdag nog net 500 ontplooi was, is nie voldoende om die geweld en plundery onder beheer te kry nie.

Sommige politici het tydens die vergadering met president Cyril Ramaphosa, aanbeveel dat 75,000 soldate ontplooi word soos wat verlede jaar gedoen is.

Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het versoek dat nog 25,000 troepe regoor die land ontplooi word, maar kenners meen die versoek kom te laat aangesien miljarde Rand se skade reeds aangebring is in Natel en Gauteng.

Alhoewel meer as 1,200 betogers en plunderaars gearresteer is, en ʼn lys name van opstokers in die polisie se besit is, sal die onluste na verwagting voortgaan, en kan dit wees dat die ontplooi van soldate veels te laat gedoen word.

Na raming is sowat R3 miljard se skade in Durban en omgewing aangerig deur die misdadigers, en waarskynlik nie veel minder is in Gauteng aangerig nie, maar ingeligte bronne sê die skade wat aangerig is deur buitelandse beleggers af te skrik, is onberekenbaar, terwyl Suid-Afrika ook deur die graderings agentskappe verder afgradeer gaan word.