Navo en VSA onttrek soldate uit Afghanistan

Amerika het reeds sowat 90% van sy soldate in Afghanistan onttrek, en die res sal eers op 11 September vertrek om daarmee die simbool van die aanval op die Wêreld Handelsentrum in herinnering te roep.

Die Sentrale Bevelsraad van die VSA sê sewe van die basisse is reeds terug oorhandig aan die minister van Verdediging van Afghanistan.

Intussen het Navo aangekondig dat sy lidlande se soldate in Afghanistan op gekoördineerde wyse onttrek word, en die VSA het kort na sy aankondiging, reeds begin om sy troepe terug te neem na Amerika.

Byna 1,000 C-17 lugvrag vlugte met toerusting is uitgevoer deur die VSA wat met sy jongste aankondigings anders opgetree het as wat President Biden aanvanklik gesê het dat al die troepe op 11 September onttrek sal word.

Intussen is berigte ontvang dat die Taliban van die geleentheid gebruikmaak om groot gebiede van die land in te palm, en het twee dae gelede, tien distrikte oorgeneem, wat die rebelle groep nou 35% van die land se oppervlakte beheer.