mRNA tegniek vir malaria entstof

Nadat die koronavirus entstof in ʼn rekord tyd ontwikkel kon word, het die Duitse maatskappy BioNTech Farmaseutiese vervaardiger aangekondig dat hy hom posisioneer om entstof teen malaria te ontwikkel.

Die maatskappy sê die mRNA tegniek gaan soos in die geval met die koronavirus entstof, gebruik word met die vertroue dat die nuwe tegniek ʼn doeltreffende entstof moontlik sal maak.

Die woordvoerder het gesê die maatskappy het dit op sy prioriteitslys om daarmee vroeg in 2022 te begin, met die hoop om “malaria te oorwin”.

Die deurbraak tegnologie, mRNA, wat gebruik is om die koronavirus entstof te ontwikkel, kan moontlik die proses om ʼn teenmiddel teen malaria te kry, verhaas wat navorsing koste sal verminder weens die aansienlike korter tydperk wat benodig word om die entstof te ontwikkel.

Indien die beoogde program suksesvol verloop, kan die deurbraak van baie groot belang wees in groot dele van die wêreld waar duisende mense jaarliks omkom weens die muskiet se aanvalle.

Die malaria muskiet dood meer as 400,000 mense elke jaar, en te midde van baie navorsing, kon ʼn doeltreffende immunisering entstof nog nie ontwikkel word nie.

Verskillende vervaardigers wat sukses behaal het met entstof teen die Covid-19 virus, het aangedui dat hulle ook voortgaan met navorsing, terwyl die Wêreld Gesondheid Organisasie sy steun aan die projek gegee het.