Medisyne tekort in Natal

Bakkie vragte is weggery deur diewe

Die diewe en plunderaars het nie net voedsel en meubels gesteel in winkels van Natal nie, maar het alles wat in groot supermarkte en hipermarkte is, van rakke gestroop, wat ook voorgeskrewe medisyne insluit.

Die enorme skade wat daarmee veroorsaak is, is volgens ekonomiese deskundiges in die aptekers bedryf, onberekenbaar.

Apteke en supermarkte se apteek afdelings het swaar deurgeloop, en ingeligte bronne sê die aaklige daarvan is dat die medisyne wat slegs op voorskrif beskikbaar gestel kan word, is ook gesteel en kan in werklikheid nie gebruik word deur die diewe nie.

Die Onafhanklike Gemeenskap Aptekers Vereniging sê die pogings om medikasie van ander provinsies na Natal te neem, was onsuksesvol weens die tekort aan vervoer met die dosyne vragmotors wat vernietig is.

Die woordvoerder sê reëlings is getref dat sekuriteit beamptes saam met die vervoerders beweeg ten einde te verseker dat die bestemmings bereik word, maar die voorraad is onvoldoende.

Intussen het die SA Spesiale Risiko Versekeraars Vereniging van mening dat groot eise ingestel sal word waar die skade deur plunderaars veroorsaak is.

Die woordvoerder sê daar is reeds eise gereed ter waarde van R7 miljard en dit is nog geensins die einde van die aantal eise wat verwag word nie.