Maleisië: Vennoot eis Premier bedanking

Die regerende koalisie wat in Maleisië aan bewind is, se belangrikste vennoot, die UMN, het onttrek uit die koalisie van Eerste Minister Muhyiddin Yassin.

Die onttrekking volg nadat die vennoot beswaar gemaak het oor die wyse wat die premier en sy kabinet die koronavirus pandemie bestuur, en het na onttrekking gevra dat die premier moet bedank.

Met die onttrekking van die een koalisie vennoot, het die regerende Eerste Minister sy meerderheid in die parlement verloor. Die meerderheid was slegs twee stemme, maar met die onttrekking is daar geen sprake dat die premier kan regeer nie.

Die United Malays National organisasie (UMN) wat onttrek het, is die grootste politieke party van Maleisië, en met die eis dat die premier moet bedank, bestaan die moontlikheid dat die UMN gevra kan word om ʼn nuwe regering saam te stel.

Die Eerste Minister bly egter in beheer tot die parlement ʼn finale besluit geneem het.