Korrupsie – krisis of kultuur

Die werk van die Zondo kommissie beteken dat korrupsie in die openbare oog bly.

ANC binnegevegte dra hiertoe by.

En Zuma is inderdaad in die hof …

Maar wat uitstaan is nie enige noemenswaardige sukses nie – tot hede is daar GEEN vervolging van die ringkoppe nie, weinig geld word verhaal, relatief tot die omvang van korrupsie.

Naas die omvang en blatante aard korrupsie, staan etlike gemene delers uit:

Verontskuldiging, self regverdiging, en grondvlak ANC-solidariteit in steun van korrupte “leiers”.

Ramaphosa probeer om byna drie dekades van institusionele korrupsie af te maak as ʼn “uitsondering van die Zuma-jare”.

Hiervoor span hy die media en Zondo kommissie in – met gemengde sukses.

Die waarheid van institusionele korrupsie word egter onomwonde geïllustreer deur Covid-korrupsie, CR-2017 stemkopery, maar veral Ramaphosa se deurlopende versuim om politici aanspreeklik te hou.

Nie één politikus is aanspreeklik gehou nie – optrede na weke se openbare druk is NIE om iemand aanspreeklik te hou nie.

Maar veral deur die grondvlak-steun wat Zuma, Magashule en hul mede-skelms geniet, spreek boekdele van die KULTUUR VAN KORRUPSIE in Suid-Afrika.

Korrupsie in SA is kultuur – oftewel die KULTUS – van die meerderheid.

Dit is inherent deel van die (vals) waardestelsel van die meerderheid.

Die “stryd teen korrupsie” het slegs ten doel om die onlangse ontsporing van die soustrein te stabiliseer.

Soos die tradisionele geskenke aan stam-leiers ten doel het om Afrika-regspraak te verdraai, word gesag in die openbare strukture beskou as vrypas tot selfverryking – op elke vlak van die samelewing en deur elke “amptenaar” in openbare diens.

Hierdie kultus van die meerderheid het die nuwe ‘godsdiens’ van die politiek en politici geword, wie die stelsel ten alle koste in stand sál hou.

Korrupsie is ʼn krisis vir die belastingebetaler.

Maar dit is nie ons grootste krisis nie – die ware krisis is die feit dat die kultus van korrupsie is onveranderbaar in die huidige bedeling.

Ons nood – menslik gesproke – is aan ʼn selfstandige staat, onder toegewyde leiers, óók vry van die kanker van party politiek.

            Demokrasie en party-politieke oligargie het NIKS in gemeen nie.

            Klein binnekringe kies die “leiers” volgens hul bereidheid om te lieg en bedrieg.

Vir dekades het regerende politici die openbare beirs geplunder – met skaars waarneembare oorsig deur die opposisie.

Maar watter aansporing het die opposisie?

            In SA is politiek ʼn wiskundige werklikheid.

            En “opposisie” word vergoed om die klug van “demokrasie” in stand te hou …

Hoe lank gaan mense vashou aan hierdie klug?

Gaan mense ons kinders se toekoms verpand vir lensie-sop pensioene en SEB-welvaart?

Want dit is die finale gevolg van die Afrika-kultus van korrupsie:

            Meer en meer kapituleer en kies om deel te word van die kabaal.

Dieselfde liberale magte wat die politieke oorgang bewerk het, hulle mondstukke in hoofstroom media en -kerke, werk vandag inverpoosd om korrupsie op te dos as “sosiale geregtigheid”.

Vervalsde kontekste word geskep in die media – korrupsie vandag moet aanvaar word, want die verlede …

Soos met meeste sosiaal-politiese euwels is daar slegs een antwoord: VRYHEID.

Ons uitdaging raak egter by die dag groter, want die poel van eerlike, hardwerkende volksgenote kwyn.  Die pioniers-gees word toenemend verdring deur eiebelang, magsug …

Christelike leierskap, verbind tot ʼn Christelik-nasionale grondslag vir vryheid, asook ʼn volk met hernieude geloofserns, is die uitstaande krisis van ons dag.

Gaan ons dit sien, soos Danskraal 1838, Paardekraal 1880?