Klimaat laat Groenland optree

Prospekteerders vir nuwe olie en gas reserwes in Groenland kan vergeet om daarmee voort te gaan. Die eiland se regering beplan om ʼn einde te maak daaraan, en wil die versekering vestig dat die uitreik van nuwe lisensies nie meer gedoen gaan word nie.

Die regering se besluit is die gevolg van hulle ernstige benadering om klimaat veranderings te voorkom, en is ʼn veldtog begin teen die ontginning van olie en gas.

Die nuwe regering teen ontginning word deur sommige eilandbewoners gesien as ʼn roete na finansiële en politieke onafhanklikheid van Denemarke.

Groenland se Minister van Natuurlike Hulpbronne, Naaja Nathanielsen, sê die omgewing en klimaat se uitwerking op verdere olie en gas ontginning is te hoog as dit teenoor finansiële voordeel geweeg word.

Hy sê die verbod op nuwe lisensies is ʼn logiese stap om die eiland se “ernstige benadering met klimaat” te verantwoord.