Kettingwinkels herstel geleidelik

Die groot kettingwinkels soos Pick n Pay, en ander sê hulle is hard besig om die erge toestand van verlede week te oorbrug, maar dat alle voorraad nie onmiddellik beskikbaar sal wees nie.

Die groepe is hard besig om beskadigde geboue en die binneruim van hulle winkels te herstel, en om veral die meer noodsaaklike voorraad so gou moontlik op die rakke te kry.

Die beskikbaarheid van vars landbou produkte sal egter nie alles eensklaps beskikbaar wees nie weens die groot afstande wat soms afgele word om voorraad vanaf produsente te kry.

Ingeligte bronne waarsku ook dat die pryse van goiedere sal styg, en dat die verhoogde brandstof prys ook in ag geneem moet word.

Verskeie winkeliers sê hulle sal egter seker maak dat die perseel veilig is voordat die deure heropen word, en hoop dat die polisie en weermag soldate se sigbaarheid deurlopend sal wees.