Kapers vasgetrek in Oos-Rand

Die polisie het minstens een vragmotor kaper, doodgeskiet en 19 lede van die groep kapers is gearresteer. Volgens die polisie is die 19 gearresteerdes deel van ʼn span wat verantwoordelik is vir vragmotor kapings aan die Oos-Rand en op die N3 snelweg na Durban.

Onbevestigde berigte dui daarop dat die kapers ook verantwoordelik is vir die brandstigting wat so baie voertuie reeds vernietig het. Bewerings word gemaak dat vragmotors tot stilstand gedwink word, waarna die goedere van die vragmotor verwyder word, en daarna word die voertuig aan die brand gesteek met die bedoeling om die diewe se spore uit te wis.

Die 19 gearresteerdes was ook in besit van talle vuurwapens en tuisgemaakte brandbomme, wat die vermoede bevestig dat hulle ook betrokke is by die brandstigting van vragmotors.