Italië verbied reuse passasierskepe

Van die begin van Augustus word ʼn verbod van krag in Italië dat die groot plesierbote nie toegelaat word om die land se strandmere binne te gaan nie.

Die regering het die besluit geneem nadat inligting ontvang is dat die reuse skepe skade aanrig aan die ekosisteem, en dus nie langer toelaat dat die vaartuie in sy strandmeer gebiede mag wees nie.

Die massiewe groot plesierbote, soos die MSC Cruiser was in die omgewing van Venesië en het glo ernstige skade veroorsaak aan die see se ekosisteem

  Die plesierbote word nie in enige van die strandmeer gebiede toegelaat nie, want die seelewe is uiters sensitief in die dele, en mag nie versteur word, sê die regering se woordvoerders.

 Die regering van Italië sê die reëlings volg na jare se waarskuwings aan die groot vaartuie dat hulle onherstelbare skade aanrig soos wat in Venesië se ekosisteem die geval is.

Die maatreël raak bote wat langer is as 180 meter of hoër is as 35 meter, en sal vanaf Augustus nie meer die strandmeer gebiede van veral in Venesië mag besoek nie.