Iran waarsku VN oor kern verrykings program

Die Internasionale Atoom Energie Agentskap sê dat Iran beplan om voort te gaan met uraan verryking wat verbreking is van die 2015 ooreenkoms wat met die wereld se kernwapen leiers aangegaan is.

In reaksie op die aankondiging van Iran het die VSA gesê dit is die ergste graad van provokasie en behoort nie toegelaat te word nie, want daarmee gaan Iran tot 20% verrykte uraan produseer wat veel meer is as waaroor in 2015 ooreengekom is.

Deur sy aangekondigde voorneme deur te voer, sal beteken dat Iran weereens die 2015 ooreenkoms verbreek wat deur Barack Obama met Iran aangegaan het.

Maar kenners wys daarop dat die VSA uit die ooreenkoms onttrek het gedurende Donald Trump se termyn as president, en daarmee kan die ooreenkoms as gekanselleer gesien word.

Ingeligte bronne beweer dat die volume en persentasie verrykte uraan wat Teheran nou produseer, hom waarskynlik in die posisie kan plaas om kernwapens te ontwikkel.

Die VSA het in ʼn verklaring gesê die optrede wat Iran beplan, die land geen hefboomkrag sal gee wanneer onderhandelings in die toekoms hervat sou word nie.