Indië: Virus sterftes veel hoër

Die sterfgevalle in Indië kan tot 10 keer hoër wees as wat deur die owerheid se amptelike syfers aangedui word, en die 415,000 wat aangegee word is foutief.

Die werklikheid is dat die sterftes in Indië so hoog is dat dit die ergste ramp is wat mense lewens betref wat die land in dekades na die Tweede Wêreldoorlog beleef het.

Die Amerikaanse studie wat gedoen is deur die Sentrum vir Wêreld Ontwikkeling beraam dat die huidige syfers nie korrek is nie, aangesien die verhouding tot 1,3 miljard inwoners van die land, nie so min sterftes kan hè as die wêreld se sterftes per bevolking as norm gebruik sou word nie.

Die verslag toon ook dat die voorkoms van die Delta variant wat in April in Indië gevind is, die begin was van ʼn veel groter pandemie in die land, veral as in aanmerking geneem word hoe hoog aansteeklik die variant is.

Tot hede behoort sowat 4,7 miljoen mense reeds gesterf het in die land gedurende die byna sewe maande van 2021 wat verband hou met die koronavirus pandemie.

Die VSA het reeds meer as 600,000 en Brasilië byna 550,000 sterfgevalle aangeteken, wat beteken dat dit in verhouding is met die bevolking van die lande, en indien Indië dieselfde verhouding sterftes het, is dit duidelik dat byna 5 miljoen reeds beswyk het weens die koronavirus.

Wetenskaplikes en deskundiges het reeds vir maande hulle twyfel uitgespreek oor die totale infeksies en die totale sterftes wat aangeteken word, en die huidige studie word as veel nader aan die korrekte syfers aanvaar.