Huigelaar, Pandora en “vryheid” in kettings

SA brand soos ons dit ervaar het onder die Mandela derde mag van die vroeë jare 90.

Vir dieselfde rede – politieke gewin deur ʼn korrupte mags-elite.

Wat ons vandag sien is die ware gesig van Mandela se nalatenskap …

Die ware gesig van hierdie kontinent se diepste “waardes” en selfsug …

Wat is die groter tragedie?

 Huigelaars roep die land tot gebed – maar kerke bly gesluit.

Dieselfde mense maak luid beswaar in die sosiale media, en bepleit “eendrag”.

Hulle vergeet wat ons nou beleef was die keuse van 69% in 1992.

Bly steeds die keuse van bykans 75% in elke verkiesing sedertdien.

            Die les van Pandora: as die kassie oop is, is die stryd vir eers verby …

Elke vernietigde lewe, elke wandaad, elke gesteelde Rand – álles was voorspel.

Maar daar was geen “eendrag” nie – daar was net die selfsugtige keuse van kapitulasie ter wille van sport, ter wille van geld, ter wille van “menseregte”.

Nou dat die spreekwoordelike hoenders nes skrop, is die meerderheid (van die minderhede) ontevrede met wat hulle op ons almal afgedwing het.

Nou vra húlle “eendrag” … dring aan dat “ons moet nie vingers wys nie”

MAAR, hulle het nie die moed om te erken húlle is die oorsaak nie.

            Die dief steel na sy aard – hy is skuldig.

            Maar hy wat die dief toelaat om te steel na sy aard, staan óók skuldig!

            (ook hy wat saam met die dief braaivleis hou)

Almal wil “saamstaan”.

Maar weinig wil saamstaan op beginsels, nog minder wil saamwerk na ʼn eie land, eie regering, vry van politieke party parasiete, vry van sosialistiese kettings.

Weinig wil vryheid hê as vryheid beteken om sélf te werk, om mededeelsaam te lewe of om tevrede te wees met genoeg, eerder as oordaad …

Vry van geloofs-grense, vry van God se beskikking …

Vry van die gesonde verstand om te verstaan dat juis “vryheid” sonder God is wat ons nou sien en beleef.