G20 vergader oor belasting hervorming

Die wêreld se grootste ekonomiese lande se verteenwoordigers beplan hoe daar moontlike veranderings aan belasting stelsels aangebring kan word in belasting tariewe.

Vir hierdie doel vergader die G20 lande, maar waarnemers sê daar is verskeie lande wat nie die gedagtes en voorstelle vir hervorming steun nie.

Die G20 lande se ministers van finansies het in die Italiaanse stad Venice, vergader verlede Vrydag waar die belangrikste onderwerp bespreek is van watter aanpassings gemaak kan word in globale belasting hervorming.

Die inleiding tot die gesprek is deur die VSA se Sekretaris van die Tesourie, Janet Yellen, aangevoor wat ook ʼn voorstel gemaak het dat ʼn minimum korporatiewe inkomste belasting van 15% ingestel word.

Alhoewel daar nog G20 lande is wat gekant is teen die hervormings gedagtes, het 130 lande van die wêreld, tydens ʼn opname, ingestem dat hervormings nodig geword het.

Die G20 lande, wat blykbaar die grootste bydraer is tot korporatiewe belastings, naamlik sowat 80%, sal egter met die hervormings wat voorgestel word, die meeste baat vind.

Die lande van die wereld het tyd tot in 2023 om hulle te posisioneer vir die nuwe belasting stelsels wat beoog word, en lande wat tans nie saamstem met die hervormings nie, sal egter as minderheid moet deel aan die nuwe bestel wat kom.