Frankryk maak gereed vir verkiesing

Die eerste rondte van die Franse presidentsverkiesing sal gehou word op 10 April 2022 met die tweede rondte wat geskeduleer is vir 24 April, het ʼn regerings woordvoerder bekendgemaak.

Die wetgewende verkiesings sal van 12 Junie en 19 Junie gehou word, en tans is die verkiesing die belangrikste onderwerp onder die politici in die land,

Die linkse president, Emmanuel Macron, is in Mei 2017 as president verkies, en daar bestaan ernstige bedenkinge of hy weer die paleis sal betree aangesien die Republikeine met ʼn groot veldtog begin het om hom uit die kussings te lig.

Die voorlopige tussenverkiesings het goeie resultate vir die republikeine gelewer terwyl Marine Le Pen van die nasionaliste veel swakker gevaar het as wat in 2017 die geval was.

Anders as vorige presidentsverkiesings, is daar nog onduidelikheid oor wie almal in die wedloop is as kandidate vir 2022.